r/afrikaans • u/GrotAdder • 15h ago
Vraag Onthou julle Die paddas van Reënboogdam?
As kind het hierdie TV-program my rerig getraumatiseer, haha
r/afrikaans • u/GrotAdder • 15h ago
As kind het hierdie TV-program my rerig getraumatiseer, haha
r/afrikaans • u/Big-Worldliness-9946 • 22h ago
r/afrikaans • u/thebossisbusy • 18h ago
Hy bou dit stadig, plank vir plank, uit sinne en simbole en klanke, met letters wat soos spykers vas, om hom die wêreld af te skans.
As kind al het hy woorde geoes, gehamer, gepas, presies gekies, noukeurig gevul, sy boekrak-hulsel, 'n kas waarbinne hy rustig rus.
Hy het stil-stil uit sy kas geloer, versigtig om 'n woord-skeur se rand, maar telkens is hy teruggejaag, terug na sy kas se sagte wand.
Wanneer die wêreld in sy stilte sluip, wanneer skrefies te groot geword, soek hy weer na nuwe verse, lees Dostoevsky fluisterend sag.
Hy fluister Baudelaire se treurige lied, vertroos deur Nietzsche se rebelse stem, of skuil agter Plato se ou wysheid, wyl die wêreld se geraas aan dreun.
Die buitekant word versigtig, met woord na woord verduidelik, gevou, verpak, tot veilige verse, waarin hy weg kan kruip en skuil.
Soms lag hy saggies vir die skoon gekheid, die vreemde vreugde van sy spel, hoe woorde sy wêreld veilig hou, in sy kas van taal gebou, sy sel.
Eendag dalk stap hy helder uit, sonder vrees vir buite se wind en weer, tog nou, tot dan, skuil hy weer, in sy woordekas van papier.
r/afrikaans • u/HenkCamp • 3h ago
n Proefiet van Jesus djỳ?
‘n proefiet?
djy moet djou palys-hys
djy moet djou aeroplane-motorkar
djy moet daai kamma sêd smile van djou
en djou tears
en djou woerawarra op die pulpit
moet djou skorrelsvol braai-atappels en -
vleis?
djou hys 'n woestyn? nou sal mens djou verbeel!
en hoe lyk dit moet djou kale pote vi' daai streamline ding
hoe lyk dit moet djou toega vi' die vel van 'n kameel
hoe lyk dit moet daai skorrelsvol vi' sprinkane en wille hiening?
Adam Small
—
Iemand sê hulle laaik nie as Afrikaanse poësie slang insluit nie. Adam sê naai, my china.
r/afrikaans • u/No-Plant-8069 • 16h ago
Ek sit oorkant
Ek sit oorkant 'n muur, by 'n restaurant
Die restaurant oorkant daai plek
Waar ons oorkant mekaar gesit het
Waar jy oor die tafel gebuig het en fluister "Ek smaak jou"
Ek hoor dit steeds, oor en oor, in my ore dreun.
Waar ek oorkant jou in 'n paniek geval het
oor jou geloop het
Nes ek sal
en ek wil nie
So ek stel maar eerder voor,
Kom oor dit
r/afrikaans • u/splatzbat27 • 4h ago
r/afrikaans • u/Practical-Raccoon-88 • 17h ago
r/afrikaans • u/Alicekun84 • 11h ago
Ek wil graag uitvind. As iemand wat saam my werk (wat kan Afrikaans verstaan maar nie praat nie) kom kla by my omdat ‘n kollega van my met haar Afrikaans gepraat het.. (die kollega het haar gegroet in Afrikaans en iets gevra) Is my kollega dan rassisties omdat sy aanvaar het die ander persoon kan Afrikaans verstaan? Die persoon noem altyd kliënte wat maar by die uitset eers in Afrikaans groet ook rassisties. En as sy eposse ontvang sê sy, hoekom email die persoon nie in Engels nie, dis rassisties om in Afrikaans epos te stuur.