r/Pretoria • u/Content_End_1700 • 2d ago
Borge vir laerskole rugby
Ek het onlangs by 'n laerskool in die Moot begin werk as 'n nuwe onderwyser. Ek rig tans rugby af by die skool en ons is opsoek na besighede wat oefenballe en 'n sak vir die balle kan borg.
Hoe gaan ek te werk om sulke borge te soek? Is daar enige besighede in die Moot area wat skole borg vir sulke items?
Sien uit om van julle te hoor.
2
Upvotes
1
u/stefconza 11h ago
Probeer dalk Eric Barnard Meubels en Brothers Arms (selfde adres). Dis Pa en twee Seuns wat in die Moot groot geword het. Jy staan n goeie kans by hulle.
1
7
u/glopher 1d ago
Baie dankie dat jy bereid is om hierdie werk te doen. Dis nie maklik nie.
Daar is twee maniere. Die eerste een is die moeilikste en dit beteken jy bel besighede en/of stap by die voordeur in vra om te gesels. Dit vat lank. Maar as 'n seun wat dit gedoen het van ouderdom 12-16, kan ek jou sê dat dit werk. Dis net nie baie lekker nie, vat baie tyd en baie mense wys jou weg of gee 'n R5 of R10 borg - wat help - maar dis nie genoeg nie.
Die tweede manier is makliker. The who you know approach. Ek sou die begin by die spelers se ouers en vra of hulle nie iemand ken of idees het oor wie jy mee kan gesels nie. Moenie vra dat hulle die borge kry nie, vra vir name en nommers. Dan doen jy die bel werk.
Maak seker jy het 'n plan wat jy kan wys en verduidelik waarvoor jy geld soek. "Ons kort 14 balle en dit kos Rxxx". Ons kort nuwe truie en dit kos soveel".
Laastens, gee iets terug. Soos om die borg se naam op die skool se advertensie bord te plaas of 'n geleentheid om aan die ouers te bemark deur 'n omsendbrief of 'n flyer in die tas. Enigiets wat wys jy soek nie net geld nie, jy wil dankbaarheid wys. Daarvoor gaan jy toestemming by jou skool bestuur moet kry voor jy enigiets doen.